Daarna het Dawid vir die Here gevra: “Moet ek na een van die stede van Juda gaan?” En die Here het vir hom gesê: “Ja, jy moet gaan.” Toe vra Dawid: “Waarnatoe moet ek gaan?” En die Here het gesê: “Na Hebron.”
Die leiers van Juda het gekom en hulle het vir Dawid daar in Hebron gesalf om koning te wees van die Juda-stam. Hulle het vir Dawid vertel dit is die manne van Jabes in Gilead wat vir Saul begrawe het.
Dawid het toe boodskappers na die manne van Jabes in Gilead gestuur om vir hulle te sê: “Ek bid dat die Here dit goed sal laat gaan met julle, want julle het gedoen wat julle moes doen en julle het julle koning Saul begrawe.
En nou bid ek dat die Here lief sal wees vir julle en dat Hy ook goed sal doen aan julle. Ek sal self ook goed wees vir julle omdat julle hierdie goeie ding gedoen het.
Julle koning Saul is nou dood, nou moet julle sterk wees en gereed wees om oorlog te maak. Daar is nog iets: Die Juda-stam het vir my gesalf om hulle koning te wees.”
Joab seun van Seruja en die manne van Dawid het ook gegaan en hulle het vir Abner en sy manne by die Gibeon-dam gekry. Abner en die manne van Is-Boset het aan die een kant van die dam gaan sit, en Joab en die manne van Dawid het aan die ander kant van die dam gaan sit.
Elke jongman het die kop gegryp van die jongman wat voor hom was en hy het hom met sy swaard in die sy gesteek, en hulle het saam gesterf. Dit is hoekom hulle hierdie plek in Gibeon noem die “Swaard-veld.”
Toe sê Abner vir Asael: “Jy moet wegdraai en jy moet met een van die jongmanne veg, dan kan jy sy wapens en klere vir jouself vat.” Maar Asael wou nie wegdraai agter Abner nie.
Maar Asael wou nie wegdraai nie, en Abner het hom toe met die agterkant van sy spies deur sy maag gesteek. Die spies het by Asael se rug uitgekom, en hy het daar geval en gesterf. Elkeen wat by die plek gekom het waar Asael geval en gesterf het, het gaan staan.
Joab en Abisai het aangehou om vir Abner te jaag. Die son het ondergegaan toe hulle by die Elmboog-heuwel kom, naby die fontein langs die pad na die Gibeon-woestyn.
Maar Abner het vir Joab geskree: “Moet ons aanhou om mekaar dood te maak? Jy moet dit weet: Alles sal slegter en slegter word as ons aanhou veg. Wanneer sal jy vir jou manne sê hulle moenie aanhou om hulle broers te jaag nie?”
Joab het toe gesê: “As jy nie gepraat het nie, dan sou die manne aangehou het om hulle broers te jaag tot die oggend toe. Dit is so seker soos God lewe.”
Abner en sy manne het daardie hele nag deur die Jordaan-vallei geloop. Hulle het oor die rivier gegaan en hulle het die volgende middag by die stad Maganajim gekom.
Nadat Joab opgehou het om vir Abner te jaag, het hy al die manne laat bymekaarkom. Negentien van Dawid se manne was nie daar nie, en Asael was ook nie daar nie.
Hulle het Asael opgetel en hom begrawe in sy pa se graf in Betlehem. Joab en sy manne het die hele nag geloop en hulle het in Hebron gekom toe dit lig word.