Toe het hy die hele vergadering Israeliete toegespreek. Hy het gesê: “As julle dit goedkeur en as die Here ons God dit so wil hê, gaan ons ’n boodskap na al die Israeliete en na die priesters en Leviete toe stuur, waar hulle ook al is, om hulle te nooi om by ons aan te sluit.
Hulle is toe almal saam na Baäla in Juda toe, dit is Kirjat-Jearim, om die ark van God terug te bring. Die ark dra die titel: “Die Here wat bo die hemelwesens troon.”
Dit het die Here woedend gemaak en Hy het Ussa net daar laat dood neerslaan, omdat hy aan die ark gevat het. So is hy daar, in God se teenwoordigheid, dood.
Dawid was baie ontsteld dat die Here dit met Ussa gedoen het. Hy het die plek toe Peres-Ussa genoem. Dit beteken “’n bres teen Ussa” en dit is vandag nog die plek se naam.