Dawid het besluit om dieselfde vriendskap aan Ganun te bewys as wat Nagas vroeër aan Dawid bewys het. Hy stuur toe boodskappers na Ganun toe om medelye te betoon oor sy pa se dood.
Toe die boodskappers daar aankom, het die Ammonitiese familiehoofde vir Ganun gevra: “Dink jy nou regtig hulle is hier om Dawid se simpatie te betoon? Die eintlike rede is om die land te kom verken sodat hy dit vir homself kan vat.”
Dawid het gehoor wat met hulle gebeur het. Hulle was te skaam om in die openbaar te verskyn en hy het vir hulle laat weet: “Bly in Jerigo totdat julle baarde weer uitgegroei het. Dan kan julle terugkom.”
Die Ammoniete het besef dat hulle Dawid kwaad gemaak het. Koning Ganun en die Ammoniete het omtrent 34 ton silwer gestuur om strydwaens en bemanning by die Arameërs van Mesopotamië en Maäka asook by Soba te huur.
Hulle het 32 000 strydwaens gehuur en die steun van die koning van Maäka gewerf. Hy het met sy soldate buite Medeba kamp opgeslaan, terwyl die Ammoniete uit hulle dorpe saamgetrek het om reg te maak vir die oorlog.
Die Arameërs het besef dat Israel hulle verslaan het. Hulle het toe dringend versterkings aangevra. Sobak, die bevelvoerder van Hadad-Eser se leër, het dadelik met soldate van oorkant die Eufraatrivier af kom help.
Dawid het dit gehoor en die hele Israel vir oorlog opgeroep. Hulle het deur die Jordaanrivier getrek en die Aramese leër daar ontmoet. Dawid het sy soldate vir die geveg opgestel. Toe het die Arameërs aangeval.
Die Arameërs het nog ’n keer die onderspit gedelf en vir die Israeliete gevlug. Dié keer het Dawid 7 000 strydwaspanne en 40 000 voetsoldate doodgemaak. Die bevelvoerder, Sobak, is ook in die geveg dood.
Toe Hadad-Eser se mense sien dat Israel hulle verslaan het, het hulle met Dawid vrede gesluit en sy onderdane geword. Die Arameërs het ook nie verder hulp aan die Ammoniete gegee nie.