|
| 1 |
|
| Benjamin se seuns was in volgorde: Bela, sy oudste, en na hom Asbel, Agrag, |
|
| 2 |
|
| Noga en Rafa. |
|
| 3 |
|
| Bela se seuns was Addar, Gera, Abihud, |
|
| 4 |
|
| Abisua, Naäman, Agoag, |
|
| 5 |
|
| Gera, Sefufan en Guram. |
|
| 6 |
|
| Hier is ’n lys van Egud se seuns. Hulle was die familiehoofde van die mense in Geba, wat na Managat toe weggeneem is. |
|
| 7 |
|
| Hulle was Naäman, Agija en Gera (hy het hulle weggeneem), en hy was Ussa en Agigud se pa. |
|
| 8 |
|
| Nadat Sagarajim van sy vroue Gusim en Baära geskei is, het hy in Moab ’n paar kinders gehad. |
|
| 9 |
|
| By Godes, sy nuwe vrou, het hy vir Jobab, Sibja, Mesa, Malkam, |
|
| 10 |
|
| Jeüs, Sakeja en Mirma gehad. Hulle was almal Sagarajim se seuns en hulle het familiehoofde geword. |
|
| 11 |
|
| Sagarajim en Gusim het vroeër reeds vir Abitub en Elpaäl gehad. |
|
| 12 |
|
| Elpaäl se seuns was Eber, Misam en Semed (wat Ono en Lod met hulle omliggende dorpies gebou het). |
|
| 13 |
|
| Beria en Sema was familiehoofde van die inwoners van Ajalon. Dit was hulle wat die mense van Gat op die vlug gejaag het. |
|
| 14 |
|
| Agjo, Sasak, Jeremot, |
|
| 15 |
|
| Sebadja, Arad, Eder, |
|
| 16 |
|
| Migael, Jispa en Joga was Beria se seuns. |
|
| 17 |
|
| Sebadja, Mesullam, Giski, Geber, |
|
| 18 |
|
| Jismerai, Jislia en Jobab was Elpaäl se seuns. |
|
| 19 |
|
| Jakim, Sikri, Sabdi, |
|
| 20 |
|
| Eliënai, Silletai, Eliël, |
|
| 21 |
|
| Adaja, Beraja en Simrat was Simi se seuns. |
|
| 22 |
|
| Jispan, Eber, Eliël, |
|
| 23 |
|
| Abdon, Sikri, Ganan, |
|
| 24 |
|
| Gananja, Elam, Antotija, |
|
| 25 |
|
| Jifdeja en Penuel was Sasak se seuns. |
|
| 26 |
|
| Samserai, Segarja, Atalia, |
|
| 27 |
|
| Jaäresja, Elia en Sikri was Jerogam se seuns. |
|
| 28 |
|
| Hulle was almal as familiehoofde volgens hulle afkoms geregistreer. Hulle was leiers en het in Jerusalem gewoon. |
|
| 29 |
|
| Jeïel, die stigter van Gibeon, het in Gibeon gewoon. Sy vrou was Maäka. |
|
| 30 |
|
| Sy oudste seun was Abdon, en die ander was Sur, Kis, Baäl, Nadab, |
|
| 31 |
|
| Gedor, Agjo en Seker. |
|
| 32 |
|
| Miklot was Sima se pa. Hulle het naby hulle stamgenote in Jerusalem gewoon. |
|
| 33 |
|
| Ner was Kis se pa, Kis was Saul se pa en Saul was Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl se pa. |
|
| 34 |
|
| Jonatan was Meribbaäl se pa, Meribbaäl was Miga se pa |
|
| 35 |
|
| en Miga was Piton, Melek, Tagrea en Agas se pa. |
|
| 36 |
|
| Agas was Jehoadda se pa en Jehoadda was Alemet, Asmawet en Simri se pa. Simri was Mosa se pa |
|
| 37 |
|
| en Mosa was Bina se pa, Bina was Rafa se pa, Rafa was Elasa se pa, en Elasa was Asel se pa. |
|
| 38 |
|
| Asel het ses seuns gehad. Hulle was Asrikam, die oudste, en Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns. |
|
| 39 |
|
| Asel se broer Esek se seuns was Ulam, die oudste, en na hom Jeüs en Elifelet. |
|
| 40 |
|
| Ulam se seuns was goeie soldate, spesialisboogskutters. Hulle het altesaam 150 kinders en kleinkinders gehad. Hulle was almal Benjamin se nageslag. |
|
|
|
|