Al die Israeliete se name is geskryf in die naamlys, in die boek oor die konings van Israel. Die mense van Juda het gevangenes in die land Babel geword omdat hulle ontrou was aan die Here.
Daar was ook Adaja seun van Jerogam seun van Pasgur seun van Malkija, en Masai seun van Adiël seun van Jagsera seun van Mesullam seun van Mesillemot seun van Immer.
Daar was ook hulle ander familie, die hoofde van families. Hulle was almal saam 1 760 priesters. Hulle was belangrike manne wat die werk in die tempel kon doen.
en Obadja seun van Semaja seun van Galal seun van Jedutun, en Berekja seun van Asa seun van Elkana. Elkana het gewoon in die dorpe naby die stad Netofa.
Daar was ook Sallum seun van Kore seun van Ebjasaf seun van Korag, en sy familie. Die Korag-familie se werk was om wag te staan by die deure van die tent. Hulle voorvaders was wagte by die ingang van die kamp van die Here.
Die beste manne, die wagte by die poorte en by die deure was almal saam 212. Hulle name is geskryf in die naamlys op die plekke waar hulle gewoon het. Dawid en die siener Samuel het hulle gekies en aangestel om die werk te doen.
Die vier belangrikste poortwagte was Leviete en hulle het elke dag gewerk. Hulle moes ook kyk dat alles reg is by die kamers by die tempel en by die stoorkamers.
Party van die Leviete moes sorg vir die gereedskap wat die priesters gebruik het. Hulle moes elke maal genoeg gereedskap vir die priesters gee en hulle moes dit weer terugneem.
Party Leviete moes sorg vir die ander gereedskap, vir al die gewyde gereedskap en vir die meel en die wyn en die olyf-olie en die wierook en die speserye.
Die familiehoofde van die Leviete wat by die tempel moes sing, het in die kamers by die tempel gewoon. Hulle het nie ander werk gedoen nie, want hulle moes elke dag en nag gereed wees om hulle werk te doen.
Die mense wie se name hierbo geskryf is, was familiehoofde van die Leviete. Hulle was die hoofde van die families wat afstammelinge van Levi was, en hulle het in Jerusalem gewoon.