Afrikaanse Bybel DB 2006
|
| 1 |
| Koning Ahasveros het sy hele ryk se mense, van die veraf kusgebiede tot by dié wat in die binneland gebly het, verplig om harde arbeid met hulle hande te verrig. |
| 2 |
| Al sy prestasies en die verhaal van Mordegai se roem is opgeteken in die geskiedenisverhale van die konings van Medië en Persië. |
| 3 |
| Mordegai die Jood was tweede in bevel. Net koning Ahasveros het meer mag as hy gehad. Onder sy mede-Jode was hy gewild en is hy as ’n held beskou. Hy het sy bes gedoen om hulle armoede weg te vat en ’n toekoms vir hulle nageslag te verseker. |
| Stoor Notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaansdb/esther/010.mp3
10
10