|
| 1 |
|
| Toe het Âlifas, die Temaniet, geantwoord en gesê: |
|
| 2 |
|
| Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens. |
|
| 3 |
|
| Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel? |
|
| 4 |
|
| Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan? |
|
| 5 |
|
| Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie? |
|
| 6 |
|
| Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek. |
|
| 7 |
|
| Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou. |
|
| 8 |
|
| Maar aan die man van geweld -- aan hom behoort die land; en die aansienlike -- hy moet daarin woon! |
|
| 9 |
|
| Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel. |
|
| 10 |
|
| Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik. |
|
| 11 |
|
| Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek? |
|
| 12 |
|
| Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan. |
|
| 13 |
|
| Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou? |
|
| 14 |
|
| Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy. |
|
| 15 |
|
| Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het, |
|
| 16 |
|
| wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom, |
|
| 17 |
|
| wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen? |
|
| 18 |
|
| En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my! |
|
| 19 |
|
| Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê: |
|
| 20 |
|
| Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer. |
|
| 21 |
|
| Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. |
|
| 22 |
|
| Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart. |
|
| 23 |
|
| As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent. |
|
| 24 |
|
| En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir. |
|
| 25 |
|
| Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou. |
|
| 26 |
|
| Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef. |
|
| 27 |
|
| Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal. |
|
| 28 |
|
| Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig. |
|
| 29 |
|
| As die afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy. |
|
| 30 |
|
| Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande. |
|
|
|
|