|
| 1 |
|
| Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek. |
|
| 2 |
|
| En Job het begin en gesê: |
|
| 3 |
|
| Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang. |
|
| 4 |
|
| Mag die dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie. |
|
| 5 |
|
| Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik. |
|
| 6 |
|
| Daardie nag -- mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie. |
|
| 7 |
|
| Ja, mag die nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie. |
|
| 8 |
|
| Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Levi tan op te hits. |
|
| 9 |
|
| Mag die sterre van sy môre skemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie. |
|
| 10 |
|
| Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie. |
|
| 11 |
|
| Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie? |
|
| 12 |
|
| Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink? |
|
| 13 |
|
| Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het, |
|
| 14 |
|
| saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself; |
|
| 15 |
|
| of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het. |
|
| 16 |
|
| Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie. |
|
| 17 |
|
| Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is. |
|
| 18 |
|
| Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie. |
|
| 19 |
|
| Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer. |
|
| 20 |
|
| Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel; |
|
| 21 |
|
| wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte; |
|
| 22 |
|
| wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind? |
|
| 23 |
|
| Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is? |
|
| 24 |
|
| Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water. |
|
| 25 |
|
| As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe. |
|
| 26 |
|
| Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus! |
|
|
|
|