|
| 1 |
|
| En El¡hu het voortgegaan en gesê: |
|
| 2 |
|
| Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God. |
|
| 3 |
|
| Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf. |
|
| 4 |
|
| Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u. |
|
| 5 |
|
| Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie -- geweldig deur krag van verstand. |
|
| 6 |
|
| Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg. |
|
| 7 |
|
| Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is. |
|
| 8 |
|
| Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende, |
|
| 9 |
|
| dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was; |
|
| 10 |
|
| dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid. |
|
| 11 |
|
| As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid. |
|
| 12 |
|
| Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis. |
|
| 13 |
|
| Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie. |
|
| 14 |
|
| So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos die van skandseuns. |
|
| 15 |
|
| Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking. |
|
| 16 |
|
| So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys. |
|
| 17 |
|
| Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp. |
|
| 18 |
|
| Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie. |
|
| 19 |
|
| Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u? |
|
| 20 |
|
| Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie. |
|
| 21 |
|
| Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende. |
|
| 22 |
|
| Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy? |
|
| 23 |
|
| Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen? |
|
| 24 |
|
| Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing. |
|
| 25 |
|
| Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver. |
|
| 26 |
|
| Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik. |
|
| 27 |
|
| Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën |
|
| 28 |
|
| wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense. |
|
| 29 |
|
| Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut? |
|
| 30 |
|
| Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy. |
|
| 31 |
|
| Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed. |
|
| 32 |
|
| Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller. |
|
| 33 |
|
| Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek. |
|
|
|
|