|
| 1 |
|
| Daarna het die HERE Job uit 'n storm geantwoord en gesê: |
|
| 2 |
|
| Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? |
|
| 3 |
|
| Gord dan soos 'n man jou heupe -- dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. |
|
| 4 |
|
| Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. |
|
| 5 |
|
| Wie het sy afmetinge bepaal? -- jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? |
|
| 6 |
|
| Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê? |
|
| 7 |
|
| Toe die môre sterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het? |
|
| 8 |
|
| En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het? |
|
| 9 |
|
| Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel. |
|
| 10 |
|
| Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het; |
|
| 11 |
|
| en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe. |
|
| 12 |
|
| Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys, |
|
| 13 |
|
| om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word? |
|
| 14 |
|
| Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed. |
|
| 15 |
|
| En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek. |
|
| 16 |
|
| Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed? |
|
| 17 |
|
| Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien? |
|
| 18 |
|
| Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet. |
|
| 19 |
|
| Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis -- waar is tog sy plek, |
|
| 20 |
|
| sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis? |
|
| 21 |
|
| Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot! |
|
| 22 |
|
| Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien, |
|
| 23 |
|
| wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog? |
|
| 24 |
|
| Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde? |
|
| 25 |
|
| Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal; |
|
| 26 |
|
| om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie; |
|
| 27 |
|
| om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit? |
|
| 28 |
|
| Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels? |
|
| 29 |
|
| Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel -- wie baar dit? |
|
| 30 |
|
| Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar. |
|
| 31 |
|
| Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Or¡on losmaak? |
|
| 32 |
|
| Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei? |
|
| 33 |
|
| Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel? |
|
| 34 |
|
| Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek? |
|
| 35 |
|
| Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons! |
|
| 36 |
|
| Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte? |
|
| 37 |
|
| Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel -- wie giet hulle leeg |
|
| 38 |
|
| wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe? |
|
|
|
|