|
| 1 |
|
| Elifas van die land Teman het begin praat. Hy het gesê: |
|
| 2 |
|
| “Job, jy sal miskien nie daarvan hou dat ek vir jou iets probeer sê nie. Maar ek kan nie stilbly nie. |
|
| 3 |
|
| Luister na my, jy het vir baie mense geleer hoe hulle moet lewe, jy het mense wat moedeloos was, weer sterk gemaak, |
|
| 4 |
|
| Party mense wou val, maar jy het hulle gehelp om regop te bly, jy het hulle sterk gemaak om aan te hou lewe. |
|
| 5 |
|
| Maar nou gaan dit sleg met jóú, en nou is jy moedeloos, nou gebeur dit met jou, en nou is jy bang. |
|
| 6 |
|
| Jy het altyd vir God gedien, jy was 'n goeie man, jy het heeltemal reg gelewe. Daarom moet jy nou hoop en weet dat dit weer beter sal gaan. |
|
| 7 |
|
| Dink 'n bietjie hieroor: Is daar iemand wat onskuldig was en gesterf het? Is daar 'n eerlike mens wat verdwyn het? |
|
| 8 |
|
| Ek sien dat dit sleg gaan met die mense wat slegte dinge doen, ek sien dat die mense wat ander mense wil laat swaarkry, self swaarkry. |
|
| 9 |
|
| God word kwaad vir hulle, en hulle sterf, God vee hulle weg van die aarde. |
|
| 10 |
|
| Leeus kan brul en raas, maar as 'n leeu sy tande verloor, |
|
| 11 |
|
| dan kan hy niks vang nie, dan gaan hy dood van die honger, en sy welpies loop oral rond. |
|
| 12 |
|
| “Ek het gehoor dat iemand sag praat, ek kon nie baie goed hoor wat hy sê nie. |
|
| 13 |
|
| Dit was toe ek gedroom het, toe almal vas geslaap het. |
|
| 14 |
|
| Ek het geskrik en ek het bang geword, my hele liggaam het gebewe. |
|
| 15 |
|
| 'n Wind het oor my gewaai, die hare op my liggaam het regop gestaan. |
|
| 16 |
|
| Daar het iemand gestaan, ek kon nie sien wie hy is nie, maar ek het gehoor dat hy sê: |
|
| 17 |
|
| ‘Sal God kan sê dat 'n mens reg lewe? Sal 'n mens onskuldig kan wees voor die Een wat hom gemaak het? |
|
| 18 |
|
| Nee, God weet dat sy dienaars in die hemel nie altyd doen wat hulle moet doen nie, Hy weet dat sy engele ook foute maak. |
|
| 19 |
|
| Die mense wat Hy gemaak het van klei en van stof, maak nog meer foute, 'n mens kan daardie mense plat druk soos motte. |
|
| 20 |
|
| Mense sterf elke dag, hulle verdwyn vir altyd, en niemand sien dit nie. |
|
| 21 |
|
| Hulle sterf en hulle is weg en hulle het nie wysheid gekry nie.’ |
|
|
|
|