|
| 1 |
|
| Die Here het Job toe uit ’n storm geantwoord en gesê: |
|
| 2 |
|
| “Maak jou reg en wees sterk, Ek het ’n paar vrae wat Ek jou wil vra. Ek soek antwoorde. |
|
| 3 |
|
| Wil jy sê wat Ek oor jou besluit het, is nie reg nie? Wil jy bewys Ek is skuldig sodat jy kan sê jy is reg? |
|
| 4 |
|
| Dink jy jy is net so sterk soos Ek? Kan jou stem uit die donderweer dreun soos Myne? |
|
| 5 |
|
| Tree op met trots en wees eerlik. Jy moet goed voel oor jouself. |
|
| 6 |
|
| Raak van al die woede in jou ontslae. As jy iemand sien wat hoogmoedig is, bring hom af aarde toe. |
|
| 7 |
|
| Jy moet die hoogmoedige mense wat jy sien, verneder. En mense wat verkeerde dinge doen, vernietig hulle daar en dan. |
|
| 8 |
|
| Begrawe hulle almal in die grond en bind hulle vas in die graf. |
|
| 9 |
|
| As jy dit kan doen, sal Ek erken dat jy die krag het om jouself te kan red.” |
|
| 10 |
|
| Die Here het verder gesê: “Kyk na die seekoei: Ek het die seekoei gemaak net soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos ’n bees. |
|
| 11 |
|
| Hy het baie krag in sy lyf en sy maagspiere is baie sterk. |
|
| 12 |
|
| Sy stert is so reguit soos ’n sederboom en sy boudspiere is styf saamgevleg. |
|
| 13 |
|
| Sy bene is so hard soos koperpype en sy ledemate soos ysterstawe. |
|
| 14 |
|
| Dit is die beste voorbeeld van God se ongelooflike handewerk. Hy staan bo almal uit. Net God wat hom gemaak het, kan hom baasraak en verslaan. |
|
| 15 |
|
| Die beste plek vir hom om sy kos te kry, is in die berge. Hy wei daar waar die ander diere van die veld speel. |
|
| 16 |
|
| Hy lê graag onder die waterplante, weggesteek tussen die riete in die moeras. |
|
| 17 |
|
| Die skaduwee van die waterplante en die wilgerbome om hom steek hom weg waar hy in die water van die rivier lê. |
|
| 18 |
|
| Hy skrik nie vir water wat in vloed is nie. Selfs al kom die Jordaan af en styg tot teen sy mond, bly hy rustig. |
|
| 19 |
|
| Wie sien kans om hom reg van voor aan te pak? Niemand is dapper genoeg om ’n ring in sy neus te sit en hom weg te lei nie.” |
|
| 20 |
|
| Die Here het verder vir Job gevra: “Job, sal jy ’n draak met ’n hoek of met ’n tou om sy bek kan vang? |
|
| 21 |
|
| Kan jy ’n tou deur sy snoet sit of ’n haak deur sy kakebeen steek? |
|
| 22 |
|
| Sal hy jou soebat om sag met hom te werk of jou mooi vra om hom uit te los? |
|
| 23 |
|
| Sal hy ’n ooreenkoms met jou maak om vir altyd vir jou te werk? |
|
| 24 |
|
| Kan jy hom mak maak soos ’n voëltjie om ’n troeteldier vir jou te wees? Sal jy hom aan ’n leiband sit vir jou dogters? |
|
| 25 |
|
| Sal daar handelaars wees wat oor hom bie? “Sal hulle hom onder mekaar probeer verkoop? |
|
| 26 |
|
| Kan jy met harpoene deur sy vel skiet of met spiese deur sy kop steek? |
|
| 27 |
|
| As jy hom kaalhand probeer aanpak, sal jy die geveg tussen julle nooit vergeet nie. Ek verseker jou, jy sal dit nooit weer probeer doen nie. |
|
| 28 |
|
| “Nee, niemand het ’n kans om die draak te vang nie. As jy hom sien, sak jou moed al in jou skoene. |
|
|
|
|