|
| 1 |
|
| Maar Job het geantwoord en gesê: |
|
| 2 |
|
| Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef! |
|
| 3 |
|
| Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam. |
|
| 4 |
|
| Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op. |
|
| 5 |
|
| Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer? |
|
| 6 |
|
| Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier? |
|
| 7 |
|
| My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys. |
|
| 8 |
|
| Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee! |
|
| 9 |
|
| En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny! |
|
| 10 |
|
| Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie. |
|
| 11 |
|
| Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees? |
|
| 12 |
|
| Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper? |
|
| 13 |
|
| Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie? |
|
| 14 |
|
| Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar. |
|
| 15 |
|
| My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop, |
|
| 16 |
|
| wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg -- |
|
| 17 |
|
| in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek. |
|
| 18 |
|
| Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan. |
|
| 19 |
|
| Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag. |
|
| 20 |
|
| Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld. |
|
| 21 |
|
| So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees. |
|
| 22 |
|
| Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë? |
|
| 23 |
|
| Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne? |
|
| 24 |
|
| Onderrig my, en,k sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het. |
|
| 25 |
|
| Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig? |
|
| 26 |
|
| Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind! |
|
| 27 |
|
| Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel. |
|
| 28 |
|
| Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie. |
|
| 29 |
|
| Keer tog terug -- laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug -- nog is my geregtigheid daar. |
|
| 30 |
|
| Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie? |
|
|
|
|