Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. |
| 2 |
| Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg? |
| 3 |
| Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef? |
| 4 |
| Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie; |
| 5 |
| sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie. |
| 6 |
| Maar ek -- op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het. |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/psalms/013.mp3
150
13