Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink. |
| 2 |
| Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang. |
| 3 |
| Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied. |
| 4 |
| Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in 'n vreemde land? |
| 5 |
| As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet! |
| 6 |
| Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie. |
| 7 |
| HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom! |
| 8 |
| o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het! |
| 9 |
| Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots! |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/psalms/137.mp3
150
137