Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie. |
| 2 |
| Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. |
| 3 |
| Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie. |
| 4 |
| Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie. |
| 5 |
| Dr het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag. |
| 6 |
| Die raad van die ellendige -- julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug. |
| 7 |
| Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees. |
| Stoor Notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/psalms/014.mp3
150
14