|
| 1 |
|
| 'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd. |
|
| 2 |
|
| Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd. |
|
| 3 |
|
| Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik. |
|
| 4 |
|
| Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade. |
|
| 5 |
|
| He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade. |
|
| 6 |
|
| Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel. |
|
| 7 |
|
| Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid. |
|
| 8 |
|
| Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. |
|
| 9 |
|
| Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke. |
|
| 10 |
|
| Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U. |
|
| 11 |
|
| Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag, |
|
| 12 |
|
| Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk. |
|
| 13 |
|
| Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte. |
|
| 14 |
|
| Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is. |
|
| 15 |
|
| Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd. |
|
| 16 |
|
| Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae. |
|
| 17 |
|
| Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke. |
|
| 18 |
|
| Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid. |
|
| 19 |
|
| Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. |
|
| 20 |
|
| Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose. |
|
| 21 |
|
| Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd. |
|
|
|
|