Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| 'n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? |
| 2 |
| Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; |
| 3 |
| wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; |
| 4 |
| in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; |
| 5 |
| wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie. |
| Stoor Notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/psalms/015.mp3
150
15