Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! |
| 2 |
| Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid! |
| 3 |
| Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; |
| 4 |
| loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; |
| 5 |
| loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! |
| 6 |
| Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja! |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/psalms/150.mp3
150
150