Afrikaanse Bybel DB 2006
|
| 1 |
| Here, sorg tog dat die regte dinge met my gebeur, want ek doen net wat U sê. Ek vertrou op U, Here. Ek twyfel nie ’n oomblik aan U nie. |
| 2 |
| U kan my lewe maar toets, Here. Kyk wat binne-in my aangaan en wat ek alles dink. |
| 3 |
| U sal sien dat ek u voorbeeld navolg. Ek onthou altyd dat U my liefhet. Ek luister na U en doen goeie dinge vir ander. |
| 4 |
| Ek meng nie met mense wat ’n slegte invloed op my kan hê nie. Ek kom nie by mense wat voorgee wat hulle nie is nie. |
| 5 |
| Daarom bly ek weg van mense wat net slegte dinge doen en U nie dien nie. Ek haat alles wat hulle doen! Hulle leef sonder U. |
| 6 |
| Here, ek is onskuldig. Ek was my hande in onskuld. My lewe is skoon. Ek wil U vol blydskap dien. Ek loop na die plek waar mense U dien. |
| 7 |
| Saam met u ander kinders wil ek U loof. Ek wil praat oor al die wonderlike dinge wat U in my lewe gedoen het. |
| 8 |
| Ek gaan graag kerk toe; daar beleef ek saam met ander gelowiges u grootheid op ’n ongelooflike manier. Ek is lief vir u teenwoordigheid. |
| 9 |
| Moet my nie soos ’n sondaar behandel nie. Moet my tog nie saam met mense wat ander doodmaak, laat doodgaan nie. |
| 10 |
| Hulle doen vieslike dinge. Hulle is daaraan gewoond om mense om te koop. |
| 11 |
| Maar ek leef nie so nie. Ek is onskuldig. Daarom smeek ek: red my, wees goed vir my. |
| 12 |
| Ek weet dat ek by U veilig is. U maak my pad gelyk. Oral waar u kinders bymekaarkom, sal ek U loof. |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaansdb/psalms/026.mp3
150
26