×

Afrikaanse Bybel ABA 2007

Psalms 3

1
'n Psalm van Dawid, toe hy weggevlug het van sy seun Absalom.
2
Here, ek het baie vyande, baie mense is opstandig teen my.
3
Baie mense sê God sal my nie red nie. Sela
4
Maar, Here, U is vir my soos 'n skild, U beskerm my van al die kante. U maak my belangrik, mense respekteer my.
5
Wanneer ek die Here roep, dan antwoord Hy my van bo-op sy gewyde berg. Sela
6
Ek gaan lê en slaap, en ek word weer wakker, want die Here beskerm my.
7
Ek is nie bang wanneer tienduisende mense my van al die kante wil aanval nie.
8
Ek sê: Here, U moet kom! My God, U moet my weer red! Ek vra dit, want U het my vyande hard geslaan op die kakebeen, U het die mense wat verkeerd doen, se tande gebreek.
9
Dit is net die Here wat kan help. U laat dit goed gaan met u volk. Sela
Afrikaans Bible ABA 2007
Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. 2007
:
Stoor notas