Ek het gedink dat ek baie goed moet kyk hoe ek leef, want ek wil nie verkeerde dinge sê en so sonde doen nie. Voordat ek praat, sal ek eers mooi dink wat ek sê. As ek naby ongelowiges is, moet ek nog versigtiger wees as ek praat.
Die mens se lewe is net soos ’n flitslig wat jy aan- en afskakel. Dit skyn ’n kort rukkie, dan gaan dit dood. Die mens hou hom met baie dinge besig. Hy sloof hom af. Hy maak ’n klomp besittings bymekaar. Maar hy weet nie wie dit alles gaan erf nie.
Help my as ek bid, Here! Hoor tog as ek om hulp smeek! Moet my nie ignoreer as ek huil nie. Ek is by U soos ’n uitlander. Ek voel soos iemand wat nie deel van ’n familie is nie. U moet vir my sorg, anders is dit klaarpraat met my.