×

Afrikaanse Bybel DB 2006

Psalms 4

1
***
2
God wat my red, help my asseblief wanneer ek by U hulp kom vra! U sorg altyd vir my. U het in die verlede uitkoms gee. In ’n krisis het U ’n sagte hart. Wees asseblief goed vir my. Luister na my gebed.
3
Julle slegte spul, hoe lank gaan julle my naam nog deur die modder sleep? Hoe lank gaan julle oneerlik wees en aanhou lieg? Maak oop julle oë!
4
Besef dat die Here baie omgee en wonders doen vir mense wat agter Hom aanloop. Hy help my wanneer ek by Hom hulp kom vra.
5
Wanneer jy kwaad word, moenie dan verkeerde dinge doen nie. Gaan lê op jou bed en dink wat jy gedoen het. Word rustig! Bly stil.
6
Dien die Here met oorgawe! Vertrou op Hom.
7
Jy het al baie mense hoor sê: “Wanneer sal dit weer met ons goed gaan?” Help tog, Here! Kyk na ons kant toe.
8
Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie. Ek is blyer daaroor as wat ander bly word oor miljoene rande, oorsese reise of blink motors.
9
As ek in die aand bed toe gaan, kan ek sonder bekommernis aan die slaap raak. En ek raak dadelik aan die slaap, want by U voel ek veilig. U alleen beskerm my.
Afrikaans Bible DB 2006
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou
:
Stoor notas