|
| 1 |
|
| *** |
|
| 2 |
|
| Die pragtigste woorde vloei oor my lippe. Ek lees my gedigte vir die koning. My tong is soos die pen van ’n goeie skrywer. |
|
| 3 |
|
| U, o koning, staan uit tussen alle mense. Almal sien u mooi voorkoms raak. As u praat, kan ’n mens altyd luister. God is altyd baie goed vir u. |
|
| 4 |
|
| Maak u reg vir die oorlog, dapper vegter. U is so sterk, magtig en belangrik. |
|
| 5 |
|
| Ry uit as oorwinnaar. U veg mos vir wat waar is. Om armes te help en reg op te tree lê u na aan die hart. Ja, u doen magtige dinge. |
|
| 6 |
|
| U tref die kol keer op keer; u vyande het nie ’n kans nie. |
|
| 7 |
|
| U goddelike koninkryk sal vir altyd daar wees. U regeer regverdig. |
|
| 8 |
|
| U hou van wat reg is en haat wat verkeerd is. Daarom het God, u God, u bo almal gekies en as koning aangestel, en almal was baie bly daaroor. |
|
| 9 |
|
| U klere ruik wonderlik lekker. In u paleis van ivoor luister u na mooi musiek. Dit maak u bly. |
|
| 10 |
|
| Prinsesse omring u en langs u staan die koningin met pragtige goue juwele. |
|
| 11 |
|
| Luister, o dogter, as die koning van jou hou; los jou familie en kom na hom toe. |
|
| 12 |
|
| Die koning vra na jou omdat jy vir hom mooi is. Eer hom. Hy is mos ook jou koning. Jy behoort aan hom. |
|
| 13 |
|
| Dogter van Tirus, die rykstes sal vir jou goed wil wees. Hulle sal vir jou geskenke gee. |
|
| 14 |
|
| Die prinses lyk asemrowend. Sy wag daarbinne in die mooiste klere. |
|
| 15 |
|
| Sy word na die koning toe gevat. Haar vriendinne loop saam met haar. |
|
| 16 |
|
| Hulle is uitbundig van vreugde. So stap hulle die paleis binne. |
|
| 17 |
|
| Mag u seuns hê om oor die hele land te heers soos hulle voorvaders gedoen het. Mag hulle ook as regeerders aangestel word. |
|
| 18 |
|
| Ek wil vir mense vertel hoe groot en belangrik u is. Mense moet altyd mooi dinge oor u sê. |
|
|
|
|