|
| 1 |
|
| 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe. |
|
| 2 |
|
| Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans. |
|
| 3 |
|
| Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. |
|
| 4 |
|
| Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel: |
|
| 5 |
|
| Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit! |
|
| 6 |
|
| En -- die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela. |
|
| 7 |
|
| Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God! |
|
| 8 |
|
| Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My. |
|
| 9 |
|
| Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie; |
|
| 10 |
|
| want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. |
|
| 11 |
|
| Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. |
|
| 12 |
|
| As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid. |
|
| 13 |
|
| Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink? |
|
| 14 |
|
| Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; |
|
| 15 |
|
| en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. |
|
| 16 |
|
| Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond -- |
|
| 17 |
|
| terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? |
|
| 18 |
|
| As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers. |
|
| 19 |
|
| Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. |
|
| 20 |
|
| Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy. |
|
| 21 |
|
| Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. |
|
| 22 |
|
| Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie. |
|
| 23 |
|
| Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet. |
|
|
|
|