Afrikaanse Bybel DB 2006
|
| 1 |
| *** |
| 2 |
| *** |
| 3 |
| God, U het ons van U af weggestoot! U het ons in stukke geskeur toe U baie kwaad vir ons was. Maak asseblief weer soos voorheen die lewe vir ons mooi. |
| 4 |
| U het die hele wêreld rondom ons uitmekaargeskud. U het ons hele lewe uitmekaar laat val. Wil U nie al die stukkende dele weer bymekaarsit nie? Maak ons weer heel. Ons is moedeloos. |
| 5 |
| U het u kinders die harde kant van die lewe laat sien. Ons was soos dronk mense wat rondgeslinger het. |
| 6 |
| U beskerm almal wat by U kom wegkruip. U spaar almal wat U dien se lewe. U beskerm hulle teen hulle vyande. |
| 7 |
| Red nou al u kinders met u groot krag. U het ons lief. Red ons! |
| 8 |
| Daar uit die plek waar Hy aanbid word, het God vir sy kinders gesê: “Daar is baie plekke in die land wat Ek vir julle sal gee. |
| 9 |
| Die hele land is Myne. Ek het vir julle elkeen plek gemaak. In Juda se gebied bly die koning. |
| 10 |
| Ook die gebiede rondom julle is Myne om daarmee te maak wat Ek wil. Ek het mag oor julle bure, Ek regeer oor hulle.” |
| 11 |
| Die Here se kinders het gesê: Daar is niemand wat ons kan help om ons vyande te verslaan nie. Hulle bly in sterk stede. |
| 12 |
| God, U het ons van U af weggestoot. God, U lei en beskerm ons soldate nie meer nie. |
| 13 |
| Help ons teen ons vyande. Om op mense te vertrou help ons nie. |
| 14 |
| As die Here ons help, is ons aan die wenkant. Hy sal met ons vyande afreken. |
|
| Stoor Notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaansdb/psalms/060.mp3
150
60