Afrikaanse Bybel DB 2006
|
| 1 |
| *** |
| 2 |
| God, luister tog wanneer ek by U hulp kom vra. Luister aandagtig na my as ek bid. |
| 3 |
| Wanneer ek moedeloos en wanhopig is en voel of ek amper dood is, bid ek ernstig. Beskerm my sodat ek nie doodgaan nie. |
| 4 |
| U alleen pas my op. U is soos ’n skuilplek waarheen ’n mens vlug as daar groot gevaar kom. U beskerm my teen my vyande. |
| 5 |
| Ek wil vir altyd by U wees. As U my beskerm, is ek elke dag veilig. |
| 6 |
| God, U weet dat ek belowe het om U te prys. U oorlaai my met goeie dinge. U doen dit vir almal wat U dien. |
| 7 |
| Mag ons aardse heerser lank lewe. Mag mense nog lank oor hom praat. |
| 8 |
| Gee dat hy altyd aan U sal vashou. Ek bid dat U hom sal beskerm omdat U goed en vol liefde is. |
| 9 |
| Dan sal ek altyd liedere sing om U te eer. My belofte om U te eer wil ek elke dag nakom. |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaansdb/psalms/061.mp3
150
61