Die gelukkigste mens op aarde is daardie persoon vir wie U uitkies en toelaat om by U te kom. U bring hom na U toe sodat hy saam met U kan lewe. Ons wil elke dag leef uit die goeie dinge wat U vir ons gee.
Omdat U getrou is, antwoord U ons en doen groot en wonderlike dinge vir ons. U help ons as ons bid. U red ons. Daarom vertrou mense oor die hele aarde op U.
Mense oor die hele aarde wat dit raaksien, besef hulle moet U dien. Want U is baie sterk. Van die een kant van die aarde tot by sy ander kant maak U mense vol blydskap.
U kom na hulle toe en gee hulle alles wat hulle nodig het. U maak die grond vrugbaar. God, die water wat U gee, is meer as genoeg. Dit bring groot oeste. Dit is alles wat U doen.
Selfs in die droogste dele van die land is daar genoeg kos vir die diere. Die heuwels is so groen dat dit lyk of hulle hulle hande in die lug opsteek van blydskap.