My God, beskerm my teen hulle wat nie na U wil luister nie. Hulle wil alles met geweld oplos. Hulle doen heeldag verkeerde dinge. Help my asseblief, Here,
Van my geboorte af is U ’n steunpilaar vir my. Van daardie eerste oomblik af dat ek met soveel moeite in die wêreld gekom het, het U my beskerm. Daarvoor sal ek U altyd prys.
Ja, selfs noudat ek oud en grys geword het, sal ek dit aanhou sê. God, moenie nou u rug vir my draai nie. Ek wil eers vir my kleinkinders vertel hoe sterk U is.
Dan sal ek U met my musiekinstrumente prys. My God, ek sal U loof. U is getrou. Met my musiek wil ek U eer. Niemand is soos U nie. U is die Heilige van Israel.
Ja, ek sal U elke dag prys, want U het gesorg dat my lewe veilig is. Hulle wat my kwaad wou aandoen, sal self gespot word. Hulle sal self in ellende beland.