Mag sy mense voorspoedig wees terwyl hy regeer. Mag hy sy mense aanmoedig om te doen wat God van sy mense wil hê totdat die maan nie meer daar sal wees nie.
Hy sal mense wat niks het nie en om hulp smeek, gee wat hulle nodig het. Hy sal mense in groot moeilikheid help as hulle niemand het wat hulle kan help nie.
Mag hulle hom vir altyd onthou. Mag hulle nog baie lank praat oor hoe ’n goeie koning hy was. Mag al die nasies mooi dinge oor hom sê en bly wees omdat hy koning was.
Loof Hom vir altyd, want Hy is wonderlik. Mag daar nie ’n plekkie op hierdie wêreld wees waar die mense nie besef hoe groot U is nie. Laat dit so wees, amen!