|
| 1 |
|
| 'n Psalm van Asaf. God is goed vir Israel, dit is seker, Hy is goed vir mense wat aan Hom behoort. |
|
| 2 |
|
| En ek? Ek het amper geval, my voete het amper gegly, |
|
| 3 |
|
| want ek het gesien dit gaan goed met hoogmoedige mense, die mense wat verkeerd doen, en ek was jaloers op hulle. |
|
| 4 |
|
| Want hulle is nie bang vir die dood nie, hulle is vet en gesond. |
|
| 5 |
|
| Hulle kry nie swaar soos ander mense nie, niks wat sleg is, gebeur met hulle nie. |
|
| 6 |
|
| Daarom is hulle so hoogmoedig en is hulle altyd gereed om ander mense seer te maak. |
|
| 7 |
|
| Hulle is baie vet, dit lyk of hulle oë wil uitval, hulle dink hulle kan enige iets doen. |
|
| 8 |
|
| Hulle spot en hulle praat oor hoe hulle slegte dinge kan doen, hulle is hoogmoedig en hulle praat oor hoe hulle ander mense kan laat swaarkry. |
|
| 9 |
|
| Hulle praat teen almal in die hemel, hulle sê enige iets wat hulle wil sê oor ander mense. |
|
| 10 |
|
| Daarom kom luister mense graag na alles wat hierdie mense sê. |
|
| 11 |
|
| Die mense wat verkeerd doen, dink dat God nie weet wat hulle doen nie, hulle dink die Hoogste God weet niks. |
|
| 12 |
|
| Kyk hoe is die mense wat verkeerd doen, hulle is oor niks bekommerd nie en hulle word ryk. |
|
| 13 |
|
| Waarlik, ek het rein gebly en ek het niks gedoen wat verkeerd is nie, maar dit het my niks gehelp nie. |
|
| 14 |
|
| Ek het aangehou swaarkry, God het my elke dag gestraf. |
|
| 15 |
|
| Maar as ek gedink en gepraat het soos die mense wat verkeerd doen, dan was ek nie meer een van die mense wat aan God behoort nie, dit weet ek. |
|
| 16 |
|
| Ek het gedink en ek het dit probeer verstaan, maar dit was moeilik vir my. |
|
| 17 |
|
| En toe het ek in die tempel van God gekom en ek het verstaan wat gebeur met die mense wat verkeerd doen. |
|
| 18 |
|
| Waarlik, U laat hulle op gladde plekke loop, U laat hulle val, daar bly niks oor van hulle nie. |
|
| 19 |
|
| Skielik is hulle niks, hulle is baie bang en hulle sterf. |
|
| 20 |
|
| Dit gaan met hulle soos met 'n droom, dit is weg wanneer jy wakker word. Here, U laat hulle verdwyn wanneer U dit besluit. |
|
| 21 |
|
| Toe ek ongelukkig en hartseer gevoel het, |
|
| 22 |
|
| was ek dom, ek het niks verstaan nie, ek was soos 'n dier by U. |
|
| 23 |
|
| Maar ek is altyd by U, U hou my hand vas. |
|
| 24 |
|
| U leer vir my wat om te doen en U lei my, en eendag sal U my na U toe neem, U wat Koning is. |
|
| 25 |
|
| Ek behoort aan U, en daar is niks anders wat ek wil hê in die hemel of op die aarde nie. |
|
| 26 |
|
| Wanneer my liggaam en my gees swak is, dan is dit U, o God, wat my Rots is, U wat alles is wat ek wil hê. |
|
| 27 |
|
| Dit weet ek, elkeen wat ver van U is, sal sterf, U laat elkeen verdwyn wat ontrou is aan U. |
|
| 28 |
|
| Maar ek, dit is vir my goed om naby God te wees, Here, my Here, ek weet U sal my beskerm. Ek sal vir almal vertel wat U doen. |
|
|
|
|