Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid. |
| 2 |
| o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele. |
| 3 |
| Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak. |
| 4 |
| As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het -- |
| 5 |
| wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? |
| 6 |
| U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. |
| 7 |
| U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: |
| 8 |
| skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld, |
| 9 |
| die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. [ (Psalms 8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! ] |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/psalms/008.mp3
150
8