Afrikaanse Bybel ABA 2007
|
| 1 |
| Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos die lied oor die parskuip. 'n Psalm van Dawid. |
| 2 |
| Here, ons Here, die hele aarde en die lug daarbo wys dat U Koning is en dat U regeer. |
| 3 |
| Ook klein kindertjies sing oor u krag. U vyande moet dit weet, mense wat téén U is, moet stilbly. |
| 4 |
| U het die lug en die maan en die sterre met u hande gemaak. Wanneer ek daarna kyk, dan dink ek: |
| 5 |
| 'n Mens beteken niks. Hoekom dink U aan mense? Hoekom onthou U iemand wat net 'n mens is? |
| 6 |
| U het die mens amper soos 'n engel gemaak, U het vir hom eer gegee en U het hom belangrik gemaak. |
| 7 |
| U laat hom regeer oor alles wat U gemaak het. U het gesê hy is die hoof oor alles: |
| 8 |
| oor die skape en bokke en beeste, ja, oor hulle almal, en oor die wilde diere, |
| 9 |
| oor die voëls in die lug en oor die visse in die see, oor alles wat in die see swem. |
| 10 |
| Here, ons Here, die hele aarde wys dat U Koning is. |
| Stoor Notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaansaba/psalms/008.mp3
150
8