Afrikaanse Bybel DB 2006
|
| 1 |
| *** |
| 2 |
| Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is. Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring. |
| 3 |
| Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin, deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms. U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word. |
| 4 |
| As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om? |
| 5 |
| En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie! Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik. |
| 6 |
| U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde. |
| 7 |
| U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het. |
| 8 |
| [8-9] Veral die diere is van hom afhanklik - die vee, wilde diere, voëls en visse. |
| 9 |
| *** |
| 10 |
| Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaansdb/psalms/008.mp3
150
8