Ek voel soos ’n dooie, soos iemand wat in die oorlog vir dood laat lê is. Dit lyk of U niks meer vir so iemand omgee nie. Dit lyk of U u hand teruggetrek het.
U maak dat hulle wat vir my lief is, nie naby my wil kom nie; hulle vermy my asof ek ’n verskriklike siekte het. Ek kan nie opstaan nie. Ek kan nie wegvlug nie. Ek voel so vasgekeer soos iemand wat in die tronk toegesluit is; ek kan niks doen nie.
Ek sien geen uitkomkans nie. Ek het geen hoop meer nie, my probleme is te groot. Here, ek bid dwarsdeur die dag baie ernstig tot U. Ek vra baie mooi dat U my moet help.