Nadat die Israeliete weggegaan het van Elim, het hulle in die Sin-woestyn gekom. Dit was tussen Elim en Sinai. Dit was die 15de dag van die tweede maand nadat hulle weggegaan het uit Egipte.
Die Israeliete het vir hulle gesê: “Ons wens die Here het ons in Egipte laat sterf. Daar het ons baie vleis en genoeg kos gehad om te eet. Nou het julle ons na hierdie woestyn gebring, en ons sal almal hier van honger sterf.”
Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal nou vir julle brood uit die hemel laat reën. Die mense moet gaan en hulle moet genoeg optel vir elke dag. So sal Ek kan sien of hulle wil doen wat Ek sê.
En môre sal julle die lig sien wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn. Hy het gehoor wat julle van Hom praat. Hoekom beskuldig julle vir my en Aäron? Ons is nie belangrik nie.”
Moses het gesê: “Die Here sal vanaand vir julle vleis gee en môre-oggend brood, meer as genoeg kos. Hy sal dit doen omdat Hy gehoor het julle praat van Hom. Julle het nie vir óns beskuldig nie, julle het vir die Here beskuldig.”
Nadat Aäron met al die Israeliete gepraat het, het hulle omgedraai en na die woestyn gekyk. Hulle het in 'n wolk die lig gesien wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn.
“Ek het gehoor wat die Israeliete praat. Sê vir hulle: ‘Vanaand sal julle vleis eet en môre-oggend sal julle baie kos hê, meer as genoeg. Dan sal julle weet dat Ek julle God die Here is.’ ”
Daardie aand het daar kwartels gekom en hulle het oral in die kamp gaan sit. Toe was daar vleis om te eet. Die volgende oggend was daar dou rondom die kamp.
Moses het vir hulle gesê: “Dit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet. Die Here het gesê julle moet dit optel, elkeen moet genoeg optel om te eet, hy moenie méér optel nie. Julle moet vir elkeen in julle huisgesin 'n omer manna optel.”
Maar toe hulle dit met die kruik gemeet het, was dit genoeg. Elkeen wat baie opgetel het, het nie te veel vir sy huisgesin gehad nie, en elkeen wat min opgetel het, het nie te min vir sy huisgesin gehad nie. Elkeen het genoeg opgetel vir sy huisgesin, hy het nie méér opgetel nie.
Maar die Israeliete het nie geluister na Moses nie. Hulle het van die kos gelos tot die volgende oggend. Daar het toe wurms in die kos gekom, en die kos het sleg geword. Moses was baie kwaad vir hulle.
Die Israeliete het elke oggend die manna opgetel, elkeen het genoeg opgetel om te eet, hy het nie méér opgetel nie. Wanneer dit later warm geword het, dan het die manna gesmelt wat hulle nie opgetel het nie.
Moses het vir hulle gesê die Here het gesê: “Môre is 'n rusdag, 'n gewyde Sabbatdag vir die Here. Julle mag vandag alles bak wat julle wil bak en alles kook wat julle wil kook. Alles wat oor is, moet julle bêre tot môre-oggend.”
Die Israeliete het gedoen wat Moses gesê het. Hulle het die kos gebêre tot die volgende oggend. Dit het nie sleg geword nie en daar het nie wurms in die kos gekom nie.
Onthou, Ek het vir julle die Sabbatdag gegee. Daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet op die sewende dag bly waar hy is. Niemand mag dan weggaan van sy woonplek nie.”
Moses het ook vir hulle gesê wat die Here nog gesê het: “Julle moet 'n omer manna bêre vir julle nageslag sodat hulle die kos kan sien wat Ek vir julle in die woestyn gegee het toe Ek julle uit Egipte gebring het.”
Die Israeliete het 40 jaar lank manna geëet, totdat hulle by die land gekom het waar hulle kon woon. Hulle het manna geëet totdat hulle by Kanaän gekom het.