“Die •tabernakel moet jy van tien tentdoeke fyn dubbeldraadlinne en pers, purperrooi en karmosynrooi wol maak, met gerubs daarop – met die kundigheid van 'n vakman.
Jy moet lussies van pers wol op die soom van die een tentdoek aanbring – al langs die kant op die een stel. Op dieselfde manier moet jy ook lussies op die tweede stel aanbring op die soom van die buitenste tentdoek.
Jy moet vyftig lussies op die een tentdoek aanbring, en vyftig lussies op die kant van die tentdoek aan die tweede stel. Die lussies moet regoor mekaar wees.
Jy moet vyf tentdoeke aan mekaar vaswerk om 'n eenheid te vorm, en so ook die ander ses tentdoeke. Aan die voorkant van die tent moet jy die sesde tentdoek in die helfte terugvou.
Jy moet vyftig lussies aanbring op die soom van die een buitenste tentdoek van die een stel en vyftig lussies op die soom van die tweede stel tentdoeke.
Die oortollige deel van die ekstra strook wat aan die tent se tentdoeke is, dit wil sê die helfte van die strook wat ekstra is, moet aan die agterkant van die tabernakel hang.
Die ekstra el aan albei kante op die lengte van die tent se tentdoeke, moet oor die sykante van die tabernakel hang, om die tabernakel aan weerskante te bedek.
Veertig silwervoetstukke moet jy dan onder die twintig planke aanbring – twee voetstukke onder een plank vir sy twee tappe, en twee voetstukke onder die ander plank vir sy twee tappe.
Hulle moet van onder af teen mekaar pas en 'n hegte eenheid vorm tot bo by die een ring. Dit is hoe al twee moet wees om die twee agterste hoeke te vorm.
en vyf rye dwarshoute vir die planke aan die ander sykant van die tabernakel, asook vyf rye dwarshoute vir die planke aan die agterkant van die tabernakel, aan die westekant.
Die planke moet jy met goud oortrek, en die ringe van die planke, wat die dwarshoute dra, moet jy van goud maak. Jy moet die dwarshoute ook met goud oortrek.
Jy moet die voorhangsel aan die hakies, aan die onderkant, ophang. Neem dan die ark met die Getuienis daarheen, agter die voorhangsel in. Die voorhangsel moet vir julle die heilige deel van die tabernakel van die allerheiligste deel skei.
Dan moet jy die tafel voor die voorhangsel neersit, en die menora aan die suidekant van die tabernakel, teenoor die tafel. Die tafel moet jy aan die noordekant plaas.
“Jy moet vir die ingang van die tent 'n gordyn maak van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne – met die kundigheid van 'n borduurder.
Jy moet vir die gordyn vyf staanders van doringhout maak en dit met goud oortrek; hulle hakies moet ook van goud wees en jy moet vyf bronsvoetstukke daarvoor giet.”