Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n tempel-tent maak van tien stukke materiaal. Dit moet goeie linne-materiaal wees, en blou, pers en rooi wol-materiaal. Julle moet gerubs op die materiaal borduur.
Julle moet dan ook 50 goue hakies vaswerk aan elke stuk materiaal sodat die hakies in die lissies kan haak, en sodat die stukke materiaal van die tempel-tent vas aan mekaar kan wees.
Julle moet dan 'n seil maak van bokhaar-materiaal, en julle moet hierdie seil bo-oor die tempel-tent sit. Julle moet elf stukke materiaal daarvoor gebruik.
Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander ses stukke materiaal. Julle moet die sesde stuk materiaal dubbel vou. Dit moet aan die voorkant van die tent wees.
Dan moet julle ook 50 brons hakies vaswerk aan elke stuk materiaal en julle moet die hakies in die lissies sit. As julle dan die tent opslaan, sal die stukke materiaal almal vas aan mekaar wees.
Julle moet ook 'n seil maak van skaapvelle wat julle rooi gekleur het. Dan moet julle nog 'n seil maak van velle wat julle sag gemaak het, en julle moet dit bo-oor die rooi seil sit.
Julle moet ook 40 voetstukke van silwer maak en julle moet die voetstukke onder die 20 rame sit, twee voetstukke onder elke raam waar die houtpenne is.
[26-27] Julle moet dwarspale maak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan drie kante van die tempel-tent, aan die noordekant, die suidekant en die westekant.
Julle moet die rame oortrek met goud. Julle moet vir hulle goue ringe maak en julle moet die dwarspale deur die ringe steek. Julle moet die dwarspale ook oortrek met goud.
Dan moet julle die gordyn ophang aan die hakies en julle moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, neersit agter die gordyn. Die gordyn moet die gewyde kamer skei van die hoog-gewyde kamer.
Julle moet die tafel neersit buitekant die gordyn, en die lampstaander oorkant die tafel in die suidekant van die tempel-tent. Die tafel moet in die noordekant staan.
Julle moet dit ophang aan vyf pale van doringhout. Julle moet die pale oortrek met goud en julle moet vir hulle vyf voetstukke van brons maak. Daar moet hake aan die pale wees.”