Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet Aäron en sy seuns aan My wy sodat hulle my priesters kan wees. Julle moet 'n bul en twee skaap-ramme neem wat gesond is. Daar moet niks verkeerd wees met hulle nie.
Neem die beste koringmeel en maak ongesuurde brood, rondebrood en roosterkoeke. Julle moet olyf-olie meng met die deeg van die rondebrood en julle moet olyf-olie aan die roosterkoeke smeer.
Neem die priester-klere en trek dit vir Aäron aan: die rok, die skouer-kleed, die oorkleed wat hy saam met die skouer-kleed moet dra, en die borssak. Maak die skouer-kleed vas met die belt.
Julle moet die skouer-serpe en die kopdoeke vir Aäron en sy seuns opsit. Hulle moet altyd priesters wees. Dit moet julle doen om Aäron en sy seuns te wy sodat hulle my priesters kan wees.
Neem 'n bietjie van die bul se bloed en smeer dit met jou vingers aan die horings van die altaar. Gooi dan al die bloed uit teen die voet van die altaar.
Julle moet al die vet wat aan die bul se binnegoed is, op die altaar verbrand, en ook die onderste punt van die lewer, en die niere en die vet wat daaraan is.
Slag die ram en neem 'n bietjie van sy bloed. Smeer dit aan Aäron en sy seuns se regter-ore, aan hulle regter-duime en aan hulle regter-groottone. Spat van die bloed op die altaar.
Neem 'n bietjie van die bloed wat op die altaar is, en van die salf-olie, en spat dit op Aäron en op sy klere. Spat ook daarvan op sy seuns en op hulle klere. Dan sal Aäron en sy seuns en hulle klere gewy wees.
Neem die vet en die stertvet van die ram, die vet wat aan die ram se binnegoed is, en ook die onderste punt van die lewer, en die twee niere en die vet wat daaraan is, en die regter-boud.
[26-27] Die Here het vir Moses gesê: “Neem dan die bors van die skaap-ram wat julle geslag het om Aäron te wy, en beweeg dit voor My. Dit is 'n beweeg-offer. Julle moet die bors van die beweeg-offer vir Aäron en sy seuns gee om te eet, en ook die boud wat julle vir My present gegee het.
“Wanneer Aäron sterf, dan moet julle sy gewyde klere neem en vir sy seun aantrek. Julle moet hom salf en hom in Aäron se plek wy sodat hy die priester kan wees.
Hulle moet dit eet, want toe hulle priesters geword het, het hierdie offers versoening gebring vir hulle. Iemand wat nie 'n priester is nie, mag nie daarvan eet nie, want dit is gewyde kos.
Julle moet sewe dae lank die versoening-offer bring om die altaar te wy. Dan sal die altaar hoog-gewy wees. As iets dan aan die altaar raak, dan sal dit ook gewy wees.”
Julle moet die tweede lam offer wanneer dit aand word en julle moet ook meel, olyf-olie en wyn saam met die lam offer. Ek hou daarvan, dit is 'n vuur-offer.