Die altaar moet vierkantig wees, een el lank en een el breed en twee el hoog. Daar moet horings aan die altaar wees en julle moet die horings en die altaar van een stuk hout maak.
Julle moet die altaar oortrek met skoon goud, die bokant van die altaar, die kante rondom die altaar, en die horings. Julle moet 'n goue rand rondom die altaar maak.
Julle moet die altaar neersit voor die gordyn wat hang voor die kis waarin die tien gebooie moet kom. Sit dit neer voor die deksel van die kis waar Ek altyd aan julle sal verskyn.
Op hierdie altaar mag julle net wierook brand wat reg is vir My. Julle mag nie brand-offers of koring-offers op hierdie altaar brand nie, en julle mag ook nie 'n drank-offer daarop uitgooi nie.
Aäron moet een maal elke jaar 'n spesiale offer vir My bring om te vra dat Ek julle nageslag se sondes moet vergewe. Hy moet dan 'n bietjie bloed neem van die dier wat hy offer vir die sonde van die volk. Hy moet dit smeer aan die horings van die altaar. Die altaar is hoog-gewy aan My.”
“Wanneer julle die Israeliete tel, dan moet elkeen 'n offer vir die Here gee. Dan sal Ek hulle nie siek maak en hulle laat sterf wanneer julle hulle tel nie.
Julle moet hierdie geld neem wat die Israeliete gegee het omdat Ek hulle sonde vergewe het, en julle moet dit vir die priesters gee. Die priesters moet dit gebruik vir die werk in die tent waar Ek aan julle verskyn. Dan sal Ek aan julle dink en julle sonde vergewe.”
“Julle moet 'n was-skottel maak om in te was en 'n voetstuk van brons. Sit dit neer tussen die tent waar Ek aan julle verskyn en die altaar. Gooi water daarin
Wanneer hulle kom na die tent waar Ek aan julle verskyn, dan moet hulle eers met hierdie water was. Dan sal hulle nie sterf nie. Hulle moet ook was wanneer hulle na die altaar gaan om te werk of om 'n vuur-offer vir My te brand.
Julle moet ook die tafel salf en alles wat by die tafel moet wees, die lampstaander en alles wat by die lampstaander moet wees. Julle moet die wierook-altaar ook salf.
Hulle mag dit nie op 'n mens se liggaam uitgooi nie, en julle mag nie ander olyf-olie maak wat soos hierdie olyf-olie is nie. Hierdie is gewyde olyf-olie en dit moet altyd gewy wees.
Maak 'n poeier daarvan en sit dit voor die kis waarin die tien gebooie moet kom, in die tent waar Ek aan julle verskyn. Dit moet hoog-gewy wees aan My.