“Ses dae moet julle julle werk doen, maar die sewende dag moet vir julle 'n gewyde dag wees. Dit is 'n rusdag tot eer van die Here. Elkeen wat op dié dag werk, moet doodgemaak word.
Julle moet uit julle besittings 'n offergawe vir die Here gee. Elkeen wat vrywillig 'n offergawe vir die Here wil gee, moet dit bring: goud, silwer, brons,
en elkeen wat daarna gevoel het, het vrywillig 'n offergawe vir die Here gebring vir die werk aan die tent van ontmoeting, vir al die ander dienste en vir die gewyde klere.
Manne en vroue het gekom en vrywillig borsspelde, oorbelle en ringe, halssnoere en allerhande goue voorwerpe gebring. Almal wat tevore goud as spesiale bydrae aan die Here belowe het, het dit gebring.
Elkeen wat 'n bydrae in silwer en brons wou maak, het dit as offergawe vir die Here gebring. Elkeen wat doringhout gehad het, geskik vir allerhande soorte houtwerk, het dit gebring.
Die Here het aan hulle die vaardigheid gegee om al die werk van 'n vakman te verrig: om te ontwerp, om blou, pers en bloedrooi wolstof en linne te borduur, en om te weef. Hierdie manne kan enige werk doen en ontwerpe maak.