“Die Here verwag van julle dat julle vir ses dae sal aangaan met die dinge wat julle elke dag doen. Op die sewende dag moet julle daarmee ophou. Uit respek vir die Here moet julle heeltemal uitspan. As iemand op daardie dag aangaan met sy werk, sal hy doodgemaak word.
Daar is baie dinge wat ons moet maak. Daar is die tent met die seile wat bo-oor kom; die hakies wat daaraan vasgewerk word; die panele en die dwarslatte wat hulle bymekaarhou; die silwer regop pale en hulle voetstukke;
die ark waarin die bewys van die ooreenkoms gehou word met die pale waarmee dit gedra word; die deksel wat bo-op die ark pas; die gordyn wat die tent in twee deel;
die groot altaar buite waarop die offers verbrand word met sy koperrooster en drahoute en toerusting; die koperbak op sy voetstuk waar die priesters hulleself was;
Elkeen wat so gevoel het, het geskenke vir die Here gebring soos hulle self besluit het. Dit was dinge wat gebruik kon word om die tent te bou en te betaal vir alles wat daarvoor gemaak moes word, asook die klere wat vir die diens by die tent gemaak moes word.
Almal wat gevoel het hulle wil iets vir die Here gee, mans sowel as vroue, het gekom en hulle het vir die Here borsspelde, oorbelle en ringe, halssnoere en allerhande goed gegee wat van goud gemaak is. Elkeen het sy goue goed vir die Here gegee.
Dié wat dit kon bekostig, het vir die Here ’n geskenk van silwer of koper gebring. Elkeen wat akasiahout gehad het wat gebruik kon word om die meubels van die tent te maak, het dit gebring.
Die leiers van die volk het die onikssteen en die ander edelstene geskenk waarop gegraveer moes word en op Aäron se skouerstuk en die sak voor sy bors vasgesit moes word.
So het elke man en vrou van die Israeliete wat iets vir die Here wou doen en kon help om die goed te maak, vrywillig vir die Here kom gee wat hulle gehad het.
Daarna het Moses vir die Israeliete gesê: “Die Here het Besaleël as leier gekies om die tent te maak. Hy is Uri se seun. Sy oupa is Gur. Hulle is uit Juda se familie.