Hy het die draaghoute deur die ringe aan die kante van die altaar gesteek om dit daarmee te dra. Hy het die altaar van planke gemaak, hol aan die binnekant.
Aan die noordekant, oor 'n lengte van honderd el, was daar twintig staanders met hulle bronsvoetstukke, en die hakies en die hegplekke van die staanders was van silwer.
Aan die westekant was daar vyftig el behangsels, tien staanders met hulle tien voetstukke en die hakies van die staanders, en hulle hegplekke was van silwer.
so ook langs die ander kant. So was daar aan elke kant van die ingang na die binneplein behangsels van vyftien el, met drie staanders en drie voetstukke.
Die voetstukke van die staanders was van brons, die hakies en hegplekke van die staanders was van silwer, die plaatwerk aan die bopunte was van silwer. Die staanders is van silwerhegplekke voorsien, al die staanders van die binneplein.
Die gordyn by die ingang van die binneplein is van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne gemaak – met die kundigheid van 'n borduurder. Dit was twintig el lank en die hoogte oor die volle breedte was vyf el, in ooreenstemming met die behangsels van die binneplein.
Dít is die inventaris van die tabernakel – die tabernakel met die Getuienis – wat in opdrag van Moses opgestel is deur die Leviete onder leiding van Itamar, seun van Aäron, die priester.
Saam met hom was Oholiab, seun van Agisamag, van die stam van Dan, 'n vakman en ontwerper, 'n borduurder van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn linnedraad.
Al die goud wat vir die werk gebruik is by al die werk aan die heiligdom – dit was die goud van die •gewyde gawes – was 29 kikkar en 730 sikkel, volgens die standaardgewig van die heiligdom.
Dit was 'n beka per kop, 'n halfsikkel volgens die standaardgewig van die heiligdom, vir elkeen vanaf twintig jaar en ouer wat getel is, altesaam 603 550 man.
Die 100 kikkar silwer was vir die giet van die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel – 100 voetstukke van die 100 kikkar, 'n kikkar per voetstuk.
Hy het daarmee die voetstukke vir die ingang van die Tent van Ontmoeting gemaak, die bronsaltaar met sy bronstraliewerk en al die toebehore van die altaar,
die voetstukke rondom die binneplein en die voetstukke by die ingang van die binneplein, asook al die tentpenne van die tabernakel en al die tentpenne rondom die binneplein.