Van die pers, purperrooi en karmosynrooi wol het hulle die geweefde klere gemaak vir dienswerk in die heiligdom. Hulle het die heilige klere vir Aäron gemaak, soos die Here Moses beveel het.
Hulle het die goud in dun plate uitgeklop en daarvan draadjies gesny om dit in die pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn linne in te werk – met die kundigheid van 'n vakman.
en ook sy versierde gordel wat daaroor kom, wat 'n deel daarvan is en op dieselfde manier as die efod gemaak is van gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne, soos die Here Moses beveel het.
Hulle het die •oniksstene vasgesit, omring met monterings van gouddraad, en gegraveer met die gravering van 'n seëlring daarop, ooreenkomstig die name van die seuns van Israel.
Hy het die borstas met gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne op dieselfde manier as die efod gemaak – met die kundigheid van 'n vakman.
Die stene was gerangskik volgens die name van die seuns van Israel – twaalf, in ooreenstemming met hulle name. Met gravering soos op 'n seëlring het elke steen sy naam gekry, in ooreenstemming met die twaalf stamme.
en die twee ander punte van die twee goue koorde het hulle aan die twee monterings vasgeheg. Hulle het dié dan aan die skouerbande van die efod, aan die voorkant, vasgeheg.
Hulle het nog twee goue ringe gemaak en dit aan die onderkant van die twee skouerbande van die efod vasgeheg, aan die voorkant, naby die hegpunte van die skouerbande bo die band van die efod.
Hulle het die borstas met sy ringe aan die efod se ringe met 'n draad pers wol vasgemaak, sodat dit aan die band van die efod kon bly en die borstas nie van die efod sou wegskuif nie, soos die Here Moses beveel het.
Die opening van die mantel was in die middel daarvan, soos die opening in 'n gevegsmondering. Die opening het 'n soom rondom gehad, sodat dit nie kon skeur nie.
'n klokkie en 'n granaat, 'n klokkie en 'n granaat; reg rondom op die soomnate van die mantel – met die oog op die dienswerk, soos die Here Moses beveel het.
ook die lyfserpe van fyn dubbeldraadlinne, met pers, purperrooi en karmosynrooi wol – met die kundigheid van 'n borduurder – soos die Here Moses beveel het.
Hulle het die roset, die heilige wydingsteken, van suiwer goud gemaak en daarop gegraveer soos wanneer 'n seëlring gegraveer word, “Heilig vir die Here. ”
So is al die werk aan die •tabernakel, die Tent van Ontmoeting, afgehandel. Die Israeliete het dit gemaak; net soos die Here Moses beveel het, so het hulle dit gemaak.
die behangsels van die binneplein, die staanders en die voetstukke, die gordyn vir die ingang van die binneplein, die toue en tentpenne daarvan; al die toebehore vir die diens in die tabernakel, die Tent van Ontmoeting;
verder ook die geweefde klere om in die heiligdom dienswerk te doen, dit is die heilige klere van Aäron, die priester, en die klere van sy seuns vir die priesterdiens.
Moses het al die werk nagegaan – en inderdaad, hulle het dit gedoen! Soos die Here opdrag gegee het, so het hulle dit gedoen. Toe het Moses hulle geseën.