Besaleël en die kleremakers het die gewyde klere vir Aäron gemaak soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het die klere van blou, pers en rooi wol-materiaal gemaak. Aäron het dit gedra wanneer hy in die tempel gewerk het.
Hulle het goud plat geslaan en hulle het dun drade daarvan gesny. Hulle het met hierdie goue drade geborduur op die blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal.
Hulle het die belt gemaak wat by die skouer-kleed gepas het, hulle het dit van dieselfde materiaal gemaak. Hulle het dit gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het.
Hulle het oniks reggemaak en hulle het die edelstene vasgesit in goud. Hulle het die name van Jakob se twaalf seuns op die edelstene geskryf soos 'n mens op 'n ring skryf.
Hulle het die oniks vasgesit aan die skouerbande van die skouer-kleed. Die edelstene het die Here laat dink aan die twaalf stamme van Israel. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
Die kleremakers het 'n borssak gemaak op dieselfde manier as die skouer-kleed. Hulle het goud gebruik, en ook blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal.
Daar was twaalf edelstene, een edelsteen vir elke seun van Jakob. Dit was ook die name van die twaalf stamme van Israel. Hulle het op elke edelsteen een van die name geskryf, soos 'n mens 'n naam op 'n ring skryf.
Hulle het die ander twee punte van die kettinkies vasgesit aan die twee kassies, en hulle het dit vasgewerk aan die skouerbande, aan die voorkant van die skouer-kleed.
Die kleremakers het ook twee ander goue ringe gemaak en hulle het dit vasgesit voor aan die twee skouerbande van die skouer-kleed, net bokant die belt.
Hulle het toe 'n blou woldraad geneem en hulle het die ringe van die borssak vasgebind aan die ringe van die skouer-kleed. Dit was bokant die belt van die skouer-kleed, sodat die borssak vas was aan die skouer-kleed. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
Daar was 'n klokkie langs elke granaat op die soom van die oorkleed. Die priester moes dit dra wanneer hy in die tempel werk. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
So het hulle al die werk klaargemaak by die tempel-tent, die tent waar die Here aan hulle verskyn het. Die Israeliete het alles gemaak presies soos die Here vir Moses gesê het.
Hulle het die tempel-tent na Moses toe gebring, die tent en alles wat daarby moes wees: die hakies, die rame, die dwarspale, die pale en die voetstukke,
die gordyne vir die oop stuk grond, die pale en die voetstukke, die gordyn vir die ingang, die toue, die penne en alles wat nodig was wanneer hulle gewerk het by die tempel-tent, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het,
die klere wat hulle moes dra wanneer hulle in die tempel werk, die gewyde klere vir die priester Aäron en die klere vir sy seuns wanneer hulle priester-werk gedoen het.