Die farao sal nie na julle luister nie, en Ek sal my hand met geweldige oordele op Egipte lê en my leërafdelings, my volk, die Israeliete, uit Egipteland lei.
“As die farao met julle praat en sê, ‘Doen julle 'n teken!’ dan moet jy vir Aäron sê, ‘Neem jou staf en gooi dit voor die farao neer, dan sal dit 'n slang word.’ ”
Moses en Aäron het toe na die farao gegaan en gemaak soos die Here beveel het. Aäron het sy staf voor die farao en voor sy amptenare neergegooi, en dit het 'n slang geword.
Gaan in die oggend na die farao. Kyk, hy gaan uit na die water. Wag vir hom aan die kant van die Nyl. Die staf wat in 'n slang verander het, moet jy in jou hand neem.
Sê vir die farao, ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur om te sê: “Laat my volk gaan, sodat hulle My in die woestyn kan dien.” Kyk, tot nou toe het u nie geluister nie.
So sê die Here: “Hieraan sal jy weet dat Ek die Here is.” Kyk, ek gaan met die staf wat in my hand is op die water in die Nyl slaan, en dit sal in bloed verander;
Verder het die Here vir Moses gesê: “Sê vir Aäron, ‘Neem jou staf en strek jou hand uit oor die waters van Egipte, oor hulle riviere, hulle kanale, hulle vleilande en oor al hulle opgaarplekke vir water – dan sal dit bloed word. Daar sal bloed wees in die hele Egipteland, selfs in die hout- en klipbakke.’ ”
Moses en Aäron het toe so gemaak, net soos die Here beveel het. Aäron het die staf opgelig en die water in die Nyl geslaan voor die oë van die farao en sy amptenare; en al die water in die Nyl het in bloed verander.
Die visse in die Nyl het gevrek, en die Nyl het so gestink dat die Egiptenare die water uit die Nyl nie kon drink nie. Daar was bloed in die hele Egipteland.
Maar die Egiptiese waarsêerpriesters het dieselfde gedoen met hulle towerkuns. Die farao se hart het verhard en hy het nie na hulle geluister nie, soos die Here gesê het.