Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, |
| 2 |
| sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand; |
| 3 |
| ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, |
| 4 |
| as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, |
| 5 |
| dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind |
| 6 |
| *** |
| 7 |
| en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel |
| 8 |
| deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar; |
| 9 |
| dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid -- elke goeie pad. |
| 10 |
| Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees; |
| 11 |
| oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak, |
| 12 |
| om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek; |
| 13 |
| van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel; |
| 14 |
| die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte, |
| 15 |
| van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore; |
| 16 |
| om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei |
| 17 |
| *** |
| 18 |
| want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme; |
| 19 |
| almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie |
| 20 |
| sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou; |
| 21 |
| want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly, |
| 22 |
| maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word. |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/proverbs/002.mp3
31
2