|
| 1 |
|
| My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; |
|
| 2 |
|
| want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder. |
|
| 3 |
|
| Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, |
|
| 4 |
|
| dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense. |
|
| 5 |
|
| Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. |
|
| 6 |
|
| Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. |
|
| 7 |
|
| Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad; |
|
| 8 |
|
| dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente. |
|
| 9 |
|
| Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; |
|
| 10 |
|
| dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos. |
|
| 11 |
|
| My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, |
|
| 12 |
|
| want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het. |
|
| 13 |
|
| Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; |
|
| 14 |
|
| want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; |
|
| 15 |
|
| dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. |
|
| 16 |
|
| In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; |
|
| 17 |
|
| sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. |
|
| 18 |
|
| Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig. |
|
| 19 |
|
| Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel; |
|
| 20 |
|
| deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup. |
|
| 21 |
|
| My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg, |
|
| 22 |
|
| dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals; |
|
| 23 |
|
| dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie; |
|
| 24 |
|
| as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. |
|
| 25 |
|
| Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; |
|
| 26 |
|
| want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik. |
|
| 27 |
|
| Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie. |
|
| 28 |
|
| Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee -- terwyl jy dit het. |
|
| 29 |
|
| Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie. |
|
| 30 |
|
| Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie. |
|
| 31 |
|
| Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie. |
|
| 32 |
|
| Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes. |
|
| 33 |
|
| Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges. |
|
| 34 |
|
| As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade. |
|
| 35 |
|
| Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande. |
|
|
|
|