|
| 1 |
|
| Dink, HERE, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad. |
|
| 2 |
|
| Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders. |
|
| 3 |
|
| Ons het wese geword, sonder 'n vader, ons moeders is soos weduwees. |
|
| 4 |
|
| Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in. |
|
| 5 |
|
| Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word. |
|
| 6 |
|
| Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word. |
|
| 7 |
|
| Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en ons dra hulle ongeregtighede. |
|
| 8 |
|
| Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie. |
|
| 9 |
|
| Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn. |
|
| 10 |
|
| Ons vel gloei soos 'n oond vanweë die gloed van die honger. |
|
| 11 |
|
| Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda. |
|
| 12 |
|
| Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie. |
|
| 13 |
|
| Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout. |
|
| 14 |
|
| Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel. |
|
| 15 |
|
| Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander. |
|
| 16 |
|
| Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het. |
|
| 17 |
|
| Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister: |
|
| 18 |
|
| ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop. |
|
| 19 |
|
| U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag. |
|
| 20 |
|
| Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae? |
|
| 21 |
|
| Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd. |
|
| 22 |
|
| Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot? |
|
|
|
|