Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
| 1 |
| Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. |
| 2 |
| Hy sal ons ntwee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. |
| 3 |
| En laat ons ken -- laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei. |
| 4 |
| Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môre wolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn. |
| 5 |
| Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal. |
| 6 |
| Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. |
| 7 |
| Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel. |
| 8 |
| G¡lead is 'n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore. |
| 9 |
| En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen. |
| 10 |
| In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig. |
| 11 |
| Ook vir jou, o Juda, is daar 'n oes beskik as Ek die lot van my volk verander. |
| Stoor notas |
https://beblia.bible:81/BibleAudio/afrikaans/hosea/006.mp3
14
6